Jean-Dirk Stuart's Blog

Canada Day en Dauphin Countryfest 2009

leave a comment »

Canada Day, of Fête du Canada (in Frans), is ‘n publieke vakansie dag op 1 Julie in Kanada. Dit is van 1867 af die dag waarop Kanada hulle “verjaarsdag” vier! ‘n Eeue lange tradisie! Hierdie jaar het ek gekies om Canada Day om te werk en dit te ruil vir die Vrydag wat volg op Canada Day. Op daardie manier het ek ‘n lekker lang naweek en kan ek in rus en vrede Counrty Fest toe gaan die Donderdag al.

Gedurende Canada Day is die hele land ieweskielik in “celebration mode”. Daar is feeste in die strate, bands wat orals speel en almal het sommer net ‘n lekker jolige tyd! Omdat ek gewerk het daardie dag het ek eers laat die dag by die feestelikhede aangesluit, maar omdat die son so laat onder gaan het dit nie gevoel of ek regtig iets gemis het nie. Die eerste plek waar ek was, was Osborne Village. Dit het amper soos die Mardi Gras gevoel waarheen ons altyd was in Margate. Na ek daarso rond gedwaal het, het ek op die bus geklim en The Forks toe gery om die vuurwerke te gaan kyk wat hulle die aand geskiet het vir Canada Day. Die fotos vir hierdie dag kan hierso (http://picasaweb.google.com/jdirkstuart/2009070120070701CanadaDay?feat=directlink) gesien word.

Die naweek na Canada Day was ons ‘n paar mense na Dauphin (dorp se naam) se Country Festival toe. Ons het die Donderdag gegaan en het die Sondag eers terug gekom. Dit was die grootste fees waar ek al ooit was! Daar was duisende mense en ALMAL is lus vir ‘n goeie tyd en wil net ‘n hond uit ‘n bos uit kuier! Dink daar was 16 000 as ek nou reg kan onthou! Dit is 2 keer soveel as wat in die dorpie bly waar die fees gehou word! Die fees is genoem Country Fest omdat al die musiek wat daarso gespeel word Country musiek is! Dit was ‘n belewenis van ‘n leeftyd gewees! Daar was die main stage (wat julle op die fotos sal sien), dan was daarso nog 2 stages gewees waar mens kon dans ook. Daar was mense wat so afgewaterde weergawe van sokkie-sokkie gedoen het (dink dis die Ukanian Polka of so iets), toe vra ek die 1 girl of sy nie wil dans nie. Dit het so paar ekstra stappies gevat om haar sokkie te leer, maar op die ou end het sy dit heel goed reg gekry. Volgens haar is sokkie-sokkie = “bouncing”. Sy se mens bounce net rond! 

From 2009-07-01 – 2009-07-05 Country Fest

Bleikbaar elke jaar by die fees reen dit katte en honde en mense se tente spoel weg en dit raak net onaangenaam. Hierdie jaar was dit totaal en al anders gewees. Ons het die mooiste weer heel naweek gehad, behalwe vir 1 “stormpie”. Saterdag het dit vir seker omtrent so 30 minute gereen en gehael. Dit was ROF en hierdie “stormpie” het amper ons tente weg gespoel! Die kamp plek wat ons gekry het was so strategies gepositioneer dat omtrent die hele kampterein se water deur ons kamp area loop. Met die moes ons op 1 of ander manier probeer dat die water om ons tent loop en nie deur hom nie. Ons het besluit dit is makliker om die water te kry dat dit onder deur loop as wat dit gaan wees om dit om die tent te laat loop. Ons het die tente se kante opgelig en in daardie vriesende water gestaan! Ek weet nie of julle al in water gestaan het wat gemeng is met hael nie? Maar ek se nou vir julle dit is onmenslik koud! (ek sien niks uit na die winter nie). Dit was so koud dat ek gevoel in my tone verloor het en ek het ernstiglik gedink ek gaan my tone/voete verloor. Dink nie my voete het al ooit in my lewe so koud gekry nie! Dit was gladnie ‘n lekker ondervinding nie. My tent het gelukkig minimaal water gekry en ek’s gelukkig om dit te kan se want van die ander mense se tente was vol water gewees!

Ek wou nog altyd na so ‘n tipe fees toe gegaan het waar daar net heeldag country musiek gespeel word, almal net wil kuier en ‘n goeie tyd wil he, so hierdie was regtig soos ‘n droom wat waar geword het! Dit was ‘n belewenis wat ek vir niks sal ruil nie! Was ongelooflik lekker en ek sal regtig enige iemand aanraai om dit (of iets soortgelyks) te gaan doen! Hierso is vir julle ‘n video (http://www.youtube.com/watch?v=SDhi4gk7GGY).

Na so ‘n lekker naweek kan mens seker nie verwag dat alles net voor die wind moet gaan nie? Die Dinsdag na ons terug gekom het van CFest af het ek my bestuurs lisensie afspraak gehad. Ek het besluit ek gaan bietjie vroeer by die werk afvat en dan sommer hof toe gaan om my rooi lig boete kaartjie waarvan ek vorige keer gepraat het te gaan veg in die hof. By die hof aangekom kry ek ‘n nommer en wag my tyd af. Dit het gevoel soos ‘n ewigheid, want ek moet my bestuurders lisensie gaan skryf. Uiteindelik na omtrent ‘n uur word my nommer geroep en ek vertel vir die aantie toe die foto geneem is dat ek nog net 3 dae in Winnipeg gebly het en dat ek net die taxi voor my gevolg het en dit is hoekom ek oor die rooi lig is. Sy staan my toe versagtende onstandighede toe en verminder my boete van $191 af na $90. Dit was nie heeltemal wat ek gehoop het gebeur nie, maar tenminste is dit $100 minder wat spaar! Ek betaal toe maar gou die $90 boete want ek is haasteg en moet gaan toets wat heel aan die anderkant van die stad is. Toe ek buite kom en ‘n blok af in die straat stap na waar ek parkeer het sien ek iets lyk nie lekker nie en dit is toe wat ek agterkom my kar is nie meer daar nie! Die eerste ding wat deur my kop gaan is hy’s gesteel. Net so agter my staan ‘n Sherif wat in die hof werk en ek gaan na hom toe en se vir hom my kar is gesteel wie moet ek bel en wat moet ek doen om dit te rapporteer? Hy se vir my. Nee. Jou kar is tien teen een nie gesteel nie, maar hy’s getou. Hoekom? Ek het in ‘n plek parkeer waar ek mag, maar het nooit gesien dat ek net daar mag parkeer tot 3:30 nie en toe ek uit die hof uit kom is dit 3:45! Belaglik! Bel toe vir Dr. Hook en hulle se ek kan my kar gaan optel by die “Police Impound”! Stap toe maar na die impound plek toe wat so +/- 4km was, betaal my $75 en soos wat ek na my kar nader stap sien ek daar is ‘n papiertjie in my venster. Dit is toe wragtag nog ‘n $50 boete wat ek gekry het omdat ek onwettig parkeer het! Ek het gedink die $75 is vir alles, maar dit was bleikbaar net om my kar uit die impound uit te kry en nou moes ek die stad ook nog $50 betaal! Die hele afere om my $190 boete te gaan veg het kos my toe op die ou end omtrent $220! Dit het nogals seer gemaak vir daardie maand se budget! Ek voel nou nog die nagevolge daarvan! Mens moet nie verkeers oortredings maak in hierdie land nie!

Die Maandag na dit gebeur het, het ek toe my 2e kans om vir my bestuurs lisensie te gaan en gelukkig het ek hom toe die eerste keer deurgekom!

Die naweek wat verby is, is seker een van die eienaardigste dinge wat ek gesien het. Daar was die Winnipeg Fringe Festival aan gewees en ek was alleen by die huis gewees die naweek so ek besluit toe nou maar om soontoe te gaan vir die dag en te gaan sien hoe lyk dit. Ek is nog steeds nie heeltemal mooi seker waaroor die hele fees gaan nie, maar ek weet daar is die weirdste mense in die wereld ooit daar! Dink hulle almal is kunstige mense wat gladnie skaam is om dit uit te leef nie. Hulle lyk snaaks, trek snaaks aan en doen sommer net snaakse goed! Dit was baie weird en ek het nie lank daar gebly nie. Oppad huis toe van die Fringe Festival af ry ek verby die Winnipeg Convention Centre en eerstens het ek gedink dit is ‘n inkopie sentrum, maar toe ek daar binne kom sien ek daar is eintlik ‘n event aan die gang. Ai Kon (http://www.ai-kon.org) is die ding se naam. Maar as ek so gekyk het na hoe die mense aangetrek het en wat dit is, het dit vir my gelyk of die ding se naam eintlik Ai-Kon(a) moes gewees het. Omtrent al die mense het aangetrek soos een of ander Japanese tekenprent karakter. Daarso het hulle die hele dag lank speletjies gespeel en in seker 30 verskillende kamers na tekenprente gekyk! Dit was half ongemaklik om te gesien het hoeveel mense kyk na daardie Japanese tekenprent! Gaan kyk na die fotos. Dit is regtig snaaks hoe die mense aantrek!

Na so rukkie by die Convention Centre was ek op na die 3e vloer toe waar daar ‘n misverstand tussen die sekuriteits wagte was en my verniet laat ingaan het. Die sekuriteits wag wat my laat ingaan het het gedink die ander sekuriteits wag het klaar my kaartjie gevat en die een wat my kaartjie moes vat het gedink hulle het my klaar laat ingaan. Daar aangekom sien ek toe dit is ‘n hengse kar show met opgeboude karre en kompetisies wat heeldag aangaan. Een van die kompetisies wat daarso was, was ‘n break dancing kompetisie. Net soos in die fliek Step Up. Aangesien ek alleen die naweek by die huis was en niks regtig gehad het om te doen nie, het ek besluit om sommer die hele dag lank daarso te spandeer. Hierso is ‘n video van die dans kompetisie.

Daar het so baie gebeur die laaste tyd en ek het nie aldag tyd om ‘n update te maak hierso nie, so ek hoop ek het onthou om van alles te skryf en ek hoop dat dit nog goed gaan met julle almal daar in Suid Afrika?

Lief vir julle en mis julle!

Written by jdstuart

26 July, 2009 at 21:19

Posted in Software

Protected: Foto’s van die huis waarin ek bly

leave a comment »

This content is password protected. To view it please enter your password below:

Written by jdstuart

1 July, 2009 at 17:46

Posted in Software

Nuwe huis, nuwe werk, nuwe omgewing……. en my eerste Kanadese boete!

leave a comment »

Eers moan ek omdat ek nie werk het nie, nou moan ek omdat ek te veel werk het! Ja! So die maatskappy waar ek werk gekry het net voor ek my laaste blog update gemaak het is toe nou nie heeltemal die posisie waarvoor ek gesoek het nie. Hulle bied my die vryheid om te werk van waar af ek wil en in baie gemaklike klere werk toe te kom. Dit is ‘n ongelooflike relaxed omgewing, maar ongelukkig bied hulle my geen geleentheid om te leer nie. Ek het nou maar net so bietjie meer as ‘n jaar ondervinding in sagteware ontwikkeling en voel daar is nog baie meer wat ek kan leer! Mens kan nooit genoeg leer nie en in die rekenaar bedryf kan jy ook amper nooit alles van iets weet nie! Gelukkig omtrent so net 2/3 dae nadat ek by hulle begin het, kontak ‘n maatskappy (DMT Development Solutions Inc.) my en vra ek moet asseblief inkom vir ‘n onderhoud. Die maatskappy is so net oor die 12 jaar oud en ontwikkel sagteware vir motor vervaardigers en die hulle handelaars. Volvo, VW en Mitsubishi is hulle grootste kliente. Ek het toe gegaan vir die onderhoud en het die pos gekry! Toe kom die moeilike belsuit! Moet ek die werk vat of nie? Die een plek bied my vryheid en baie flexitye waar die ander plek bied my geleenthede om te leer, maar is nie so relaxed in die werk omgewing nie ( die ergste van alles? hulle sit in cubicles).

Ek het mooi daaroor gedink en op die einde besluit om met die nuwe maatskappy te gaan. Die eerste 2 weke by DMT was maar rof! Daar is ongelooflik baie sisteme wat ek ieweskielik moet leer en aan blootgestel word! Klomp prosesse om te leer en seker die ergste van alles, die corporate procedures! Die posisie waarin ek myself bevind in die maatskappy is ‘n posisie waar ek ongelooflik waardevol vir hulle gaan wees oor so paar maande. Die sisteme wat ek moet onderhou en ontwikkel is die sisteme wat maak dat al hulle sagteware “praat” met die sagteware wat die ander mense gebruik. Op die oomblik is daar net 1 ander persoon wat daardie hele deel geskryf het en ek moet nou by hom oorvat. Dit sit my half en half in ‘n posisie waar ek ongelooflik waardevol vir hulle raak omdat al hulle sisteme deur die sagteware wat ek skryf moet kommunikeer met die ander sisteme! So in ander woorde? $$$.

Maar nou genoeg van my werk gepraat. Eers bietjie tyd vir nuus oor my nuwe blyplek in “The Peg”. Net voor ek hierdie pos gekry het, het ek Wininpeg, MB toe getrek om in die stad te kom werk. Dit is so net oor die 200km van Brandon (my vorige blyplek) af. Die huis waar ek blyplek gekry het is 2 Suid-Afrikaanse dokters wat die plek gekoop het. Hulle 2 kinders bly in die huis en dan huur hulle die 2 ander kamers uit. So ons is 3 Suid-Afrikaners en 1 Kanadees in totaal wat in die huis bly. Ek kom gelukkig goed met hulle oor die weg so dit is ‘n verligting! Daar is niks slegter as jy in die aand na ‘n lang dag by die werk moet huistoe gaan en nie kan uitsien daarna nie!

Ek het uitgevind die ander sport wat die Kanadese heeltemal mal oor is, is UFC (Ultimate Fighting Championships) so ons het die eerste Saterdag nadat ek ingetrek het ‘n paar mense oorgenooi om UFC te kom kyk op ons big screen. Ja, ons het ‘n big screen! Projektor teen die dak wat en teen ‘n lekker groot skerm op die muur skyn. Soos gewoonlik is daar maar ‘n bietjie alkoholiese verversings betrokke by so geleentheid en hierdie was geen uitsondering nie! Inteendeel, ek het die Kanadese blootgestel aan hoe ons Suid-Afrikaners dit doen! PUNCH STYLE! Die Kanadees wat saam ons bly het nog nooit voorheen punch gehad soos ons dit maak nie! Wat ‘n beter geleentheid om hulle bietjie blootstelling te gee aan goeie Suid-Afrikaanse studente maniere!

 
  1x750ml Vodka
+12x330ml Coolers (Smirnof Spin)
+1x2L Sprite
+1 sak ys
= Paar baie dronk Kanadese…

 

Girls, net as julle gewonder het, hierdie is daardie LEGENDARY punch wat ons gemaak het daardie eerste gang social waar ons julle ontmoet het! Ja, die alkohol het geloop en met die sport op die tv het almal, soos altyd, nou weer nie brieke gehad nie. Toe ons weer sien was meeste van die mense al goed op spoed! Natuurlik as jy so lekker op spoed is dan kan jy mos nie by die huis bly nie. Jy MOET nou nog gaan staan en uitgaan ook! Al die kuier en uitgaan plekke is in Downtown (middestad) Winnipeg wat seker so 10km weg is. 1 van die girls het die cab company gebel om ons te kom haal, maar hier daag toe net 1 taxi in plaas van 3 op! Die hele aand lank was ek nie lus om te kuier nie en het seker net so 3/4 glasies gedrink. Ek se toe maar ek sal bestuur en dan kan die ander 4 in die taxi ry. In hierdie land is drink en bestuur so uit soos koekies in die weeshuis! Jy kry ‘n hengse groot boete, hulle vat jou lisensie en dan kry jy nog ‘n kriminele rekord daarby!

Met die wat ek nuut in die omgewing is en nie ‘n clue het waarheen om te ry nie, volg ek toe nou maar die taxi. Gewoonlik bestuur die taxis redelik ok, want hoe langer dit hulle vat om jou by die plek te gaan aflaai, hoe meer geld maak hulle! Dit was nie die geval met hierdie cab driver nie! Hy het soos ‘n maniak bestuur en ek is maar agterna! By 1 van die verkeersligte toe slaan die lig oranje net voor die taxi oor is en ek volg toe nou maar! Toe ek weer sien, neem iemand onverwags fotos en ek smile nie eers nie! So week of twee gaan verby en stuur die verkeers departement ‘n klein verassingtjie in die pos vir my. ‘n Volle $190.80 boete!! Dit is belaglik baie! En die ergste van alles is die lig was net 0.4 sekondes rooi (dit is wat hulle se).

Die weer is nou gelukkig BAIE beter as vroeer die jaar🙂 In die dag word dit omtrent so 27 grade op ‘n baie warm dag maar gewoonlik drentel dit maar hier by die 21-25 grade rond. Was noudie dag lekker “beach” toe gewees. Wat ‘n verskoning vir ‘n strand!! Die mense wat die “beach’” gebou het, het see sand gaan haal en dit langs ‘n dam gegooi en nou lyk dit soos ‘n strand. ‘n STRAND SONDER GOLWE IS NIE ‘n STRAND NIE!!

Mense hierso het my al gevra of ek nie al homesick geword het nie en tot onlangs het dit my nognie gevang nie, maar noudie dag toe by die huis aankom en hierso is niemand anders nie was ek so half en half geforseer om bietjie stil te sit en tyd met myself te spandeer! Dit is toe dat dit my vang! Wou met alle mag en mening daardie aand op die vliegtuig klim en terug gaan SA toe! Die weer, die vriende, braaivleis, biltong, kuiers, rugby en sommer maar net alles! Het ongelooflik verlang na julle almal by die huis en ek probeer nie daaraan dink nie, want hoe meer ek aan julle dink, hoe meer mis ek julle!

Die naweek wat kom gaan ons bietjie Dauphin Countryfest (http://www.countryfest.ca/) toe. Gaan die Donderdag aand al soontoe ry, kamp opslaan en daar kuier vir die naweek, so dit is iets waarna ek nogal uitsien!

Ek hoop dit gaan nog goed met julle almal by die huis. Julle moet bietjie laat weet hoe dit met julle gaan jong! Julle is heeltemal te stil.

Liefde en groete.

Ekke!!

(O ja. Daar is weer nuwe fotos opgesit).

Written by jdstuart

25 June, 2009 at 0:13

Posted in Software

Tracking how much time you spend on which project?

with one comment

Almost everyone working in an environment where you work on multiple projects at any given time and have to log time accordingly have had the problem where the end of the day comes and then have to guess how much time you actually spent on which project so you could record it accordingly.

Having recently moved to Winnipeg, MB, Canada for employment I found a web based application that assist you in exactly calculating how much time you’ve put into which project.

The web application I’m referring to is called SlimTimer. Simply create a free account and you’re set to go.

This web app allows you to add tasks on the fly, switch between tasks as you work and it automatically records time for each task. At the end of the day you just run a report and the days work is broken down into all the tasks you worked on plus their total time worked on it for the day.

Written by jdstuart

24 June, 2009 at 22:17

Posted in Software

My eerste maand in Kanada.

leave a comment »

Goeie dag julle. Uiteindelik vind ek bietjie tyd om weer ‘n blog post te maak! Tussen al die kuier, werk soek en insettle deur het ek ook nie aldag tyd om voor die rekenaar te sit en tik nie! Nou ja. Die fotos wat ek belowe het is uiteindelik op gelaai. Julle kan na dit gaan kyk by http://picasaweb.google.com/jdirkstuart.

Ek het mos nie laas jaar verlof gevat in Desember nie so ek het besluit ek gaan eers bietjie “chill” wanneer ek hier in Kanada aankom. Het hard genoeg gewerk laas jaar en so ek verdien dit om bietjie ‘n breuk te vat voor ek weer aan die werk spring. Dit klink dalk lekker, maar dis eintlik nie naastenby so lekker soos wat dit klink nie! As jy dink ek het gaan toer en die land gesien? IS JY VERKEERD! My verlof hierdie jaar het ingesluit ‘n maand lank my resume regkry, werk soek en stres omdat ek niks terug hoor van maatskappye af nie! Hulle is baie erg op die hele “Canadian Experience” ding. As jy nie vorige Kanadese werksondervinding het nie, sukkel mens maar om ‘n onderhoud te kry by hierdie mense. Ek’t gewonder hoekom dit so is en toe ek nou gegaan het vir die eerste onderhoud toe sien ek hoekom! Die interview was soos ‘n uur en ‘n half lank gewees, ongelooflik ongemaklik en baie “stupid” onnodige vrae (volgens my). Hierdie mense het ‘n job description en as iets nie in jou job description staan nie, dan doen jy dit nie! (Ek meen. Hoekom moet jy nou ‘n ander man se werk vir hom doen?) Dit is die houding hier! Hulle kan ook nie verstaan dat ek min of meer “alles” kan doen nie! ‘n Jack-of-all-Trades wanneer dit by werk kom. Die werk wat ek in Suid-Afrika gedoen het as 1 persoon is hierso 3 persone se werke tesame! Dit maak nie vir hulle sin as jy se jy kan alles doen nie en hulle verstaan nie so mooi as jy dit vir hulle probeer verduidelik nie! Met dit gese: Ek het nie die eerste interview wat ek voor gegaan het se werk gekry nie! Ek kon nie my mond hou nie en dink ek het heeltemal te veel gepraat oor wat ek alles kan doen. Het maar terug gegaan huis toe, bietjie aan my “Kanadese Interview skills” gewerk en toe hoor ek terug van ‘n ander maatskappy genaamd One World United. Hulle wil ‘n “lunch interview” met my he. Die maatskappy is 2ure (200km) oos van waar ek bly op die oomblik. Het Oeloff se kar geleen en na die peg (Winnipeg) toe gery vir hierdie “lunch" interview” soos hy dit genoem het. Hierdie interview was nou weer TOTAAL EN AL anders as die vorige een! Ons het by ‘n restaurant ontmoet oor lunch tyd en net begin sit en gesels. Dit het seker omtrent so 2 en ‘n half ure geneem en toe ek daar uitstap se die ou dadelik vir my hy wil my aanstel en hy dink ek is die perfekte kandidaat vir die job. Dit was ‘n hengse verligting, want nou kon ek actually behoorlik my dinge hier in Kanada begin beplan! Kan vir my begin kar soek, verblyf soek (nou weet ek in watse stad ek werk), budget opstel ens….

Nou so deur al die werk soek en wag om terug te hoor van maatskappye af het ek darem ook so bietjie van ‘n sosiale lewe aangeknoop. Al Oeloff se vriende het my vriende ook geword en ons het op ‘n gereelde basis ‘n “ball of a time”. Ek het julle voorheen vertel van die hokkie game wat ons onsself so geel geverf het? Wel, dit het uitgedraai om iets huge te geword het in die plek waar ons bly! Ons het ‘n sponsor, Montanas, gekry en hulle het vir ons kos en drinks gegee voor die game!. Die volgende game het die Brandon Sun ons kom afneem en  CKX, ‘n nuus stasie hier in Kanada, het ‘n onderhoud met ons kom voer! Brandon Sun is ‘n koerant gelykstaande aan die Beeld in Pretoria! Dit word daagliks deur duisende mense gelees! Die volgende dag was ons op die voorblad van die Brandon Sun. Dit is nie asof hier regtig misdaad is nie, so hulle het nie beter stories om te publiseer as mal jong mense wat hulleself geel verf vir ‘n hokkie wedstryd nie!

Die Sondag daarna was ek saam Oeloff se tannie en oom, Martie en Pieter-hulle na die Afrikaanse kerk toe gewees. (Klein gemeente. Seker so 30/40 mense) Hulle het so 9 maande voor my Kanada toe getrek en hulle tesame met Oeloff help my ongelooflik uit om ingesettle te word hier! Ek spot so en se ewe gister vir hulle, hulle is soos aangenome Kanadese familie! Ek bly nou al vir ‘n maand hier by Oeloff en Maryke in hulle flat en toe ek nou daar by die Afrikaanse kerk koffie drink na die diens, kom daar ‘n tannie na my toe en se vir my haar 2 kinders bly op die oomblik in Winnipeg en hulle soek nog ‘n derde persoon om die ander slaapkamer in die huis te huur. Die kamer kos $450 ‘n maand en dit sluit hydro (elektrisiteit) en internet in! Die huis is reg langs die universiteit so die kans dat ek nog ander jong mense daar gaan ontmoet is groot! ‘n Luukse huis reg langs die universiteit in ‘n goeie buurt teen ‘n goedkoop prys! Wat ‘n bargain!

Om blyplek te gekry het was nogal maklik, maar om kar te gesoek het was ‘n mission gewees! Ek onthou toe ek in Suid-Afrika ook kar gesoek het watse drama dit was en hierso was dit geensins anders nie! Wat dit hierdie keer nog heeltemal moeiliker gemaak het is die feit dat ek nie ‘n clue het wat karre hierso kos en wat ek moet verwag om vir ‘n tweede handse kar te betaal nie! Was na ‘n hele paar motor handelaars toe gewees en meeste van die voertuie wat ek by hulle gesien het was so in die orde van $9 000 tot $ 13 500 rond gewees. Gelukkig is Pieter hulle al ‘n hele ruk in die land en hy’t toe vir my gese vir $10 000 kan ek amper ‘n nuwe kar koop! Ons is daar na ‘n handelaar toe wat so net buite die dorp is en daarso sien ons toe ‘n 2004 Chevrolet Optra (Foto’s) wat nog baie mooi opgepas is vir $6400! Ek het besluit ek koop die kar, maar voordat ek met die ding mag ry MOET ek eers versekering he. Jy mag nie rondry in die land as jy nie versekering op jou motor het nie. Hulle registreer die motor en doen sommer die versekering alles in een by dieselfde plek. Dit was wel ‘n missie om die kar geregistreer te gekry het want omdat ek nie ‘n Kanadese burger is nie moes hulle nou eers weer omtrent ‘n miljoen papiere en bewyse van my af kry voor ek die kar op my naam mag sit! Ek was in totaal 4 keer terug na hulle kantore toe gewees (waarvan ek net 1 keer in ‘n ry gestaan het) voor ek die kar op my naam kon kry!

Een van Kanada se sterkste standpunte wat hulle inneem en een van die goeters waaroor hulle die meeste omgee is hulle gesondheids sisteem. Alle mense wat ‘n werks permit het vir 12 maande of langer kwalifiseer vir publieke medies. En nee die publieke medies hier is nie naastenby die gehalte wat dit in SA is nie! Hierso kan mens actually na ‘n publieke hospitaal toe gaan. Inteendeel. Ek dink nie eers hulle het privaat hospitale nie! Om aansoek te gedoen het vir medies was net so maklik gewees. Het ingegaan na hulle kantoor toe. Seker vir 5 minute in die tou gesit en toe 10 minute later toe stap ek daar uit met ‘n mediese kaart wat my toelaat om ‘n doktor te sien en al die mediese voordele te he wat ‘n Kanadese burger het. Lekker free medies!

Die weer hierdie tyd van die jaar is baie snaaks. Dit is gelukkig nou besig om vinnig somer te word, maar elke dag is maar anders as die vorige een! Dan is dit warm, dan is dit koud! Moeder Natuur wil nou nie haar mind opmaak oor of sy nou wil somer of winter hou nie!

Ek was gisteraand so lus gewees vir ‘n vetkoek, dit is net nie snaaks nie! Het vir iemand hier probeer verduidelik wat ‘n vetkoek (haha….‘n “fatcake”) is, maar ek dink nie hulle het dit hierso nie. Dit is snaaks hoe mens partykeer nooit iets gedoen het terwyl mens dit kon doen nie en nou dat mens dit nie kan doen nie, nou mis mens dit ongelooflik baie! Snaaks hoe ons breine aanmekaar gesit is!

Maar in elkgeval! Dink ek het genoeg vertel vir eers! Dinge behoort nou bietjie rustiger te word nou dat ek ‘n werk gekry het en nie meer heeltyd hoef te bekommer oor hoe ek ‘n inkomste gaan verdien en waar ek gaan bly nie, so ek sal bietjie probeer om meer gereeld blog updates te maak.

Laat dit goed gaan daardie kant!

Mis julle tonne!

Written by jdstuart

20 May, 2009 at 1:45

Posted in Experiences

Tagged with ,

My eerste Kanadese ondervinding.

leave a comment »

Hey julle. So ek moet se jammer vir die tyd wat dit my gevat het om my eerste post te gemaak het, maar dit het bietjie besig gegaan hierdie kant en ek is nogsteeds nie mooi aangepas by die tyd nie. Lei nog so bietjie aan jet-lag.

Ek het Woensdag in Toronto aangekom na ‘n hele paar uur se vlieg en ‘n lang wag op Heathrow. Die immigrasie dude hierso in Toronto het my darem geen hassles gegee oor my werks permit nie en toe ek weer sien, toe is ek in die land in, verby customs en alles. Hulle het nie eers my sak ondersoek soos sommige van die ander mense s’n nie. Dit was ‘n verligting gewees want dit was ‘n hengse misie om daardie ding te pak!

Die publieke vervoer stelsel hierdie kant is wonderlik en die mense is ongelooflik vriendelik. Van die lugawe af het ek die “Airport Express” bus gevat na Downtown Toronto waar ek in die Canadiana Backpackers (fotos sal nog kom) gebly het. Nou hierdie backpackers hierso is nie soos die in Suid-Afrika nie. Hierdie spesifieke een waarin ek gebly het kan so net oor die 200 mense huisves en daar is mense van letterlik regoor die wereld te vinde daar. Het mense ontmoet van Frankryk, Engeland, Ierland, Spanje, Chile, Argentinie, Duitsland en ek’s seker daar was nog ‘n paar van ander lande af ook gewees. O, ja. Ek het 2 Suid-Afrikaners ook daarso gekry. Was nogals lekker om weer bietjie Afrikaans te kon praat.

Donderdag oggend omtrent so 6uur se kant het ek wakker geskrik na ‘n lekker lang nagrus en ek is vinnig vinnig op om gou bietjie shampoo, tandepaste en seep te gaan koop. Dit was nie lank voordat ek die eerste keer buite gekom het voordat ek besef het die koue in hierdie plek kan heel rof raak nie! Dit is lente hierdie kant en buite kant is ‘n skamele 5C “warm”! Een van die mense wat in die backpackers saam my gebly het kom van Vancouver, BC, Kanada af en hy’t gese ek moet net my ore en neus warm hou. Hy’t gese ek moet vir my ‘n toque (tuk) kry. Wat de heng is ‘n toque`vra ek? Oorspronklik het ek gedink dit is een van daardie hoedens wat mens altyd in die flieks sien wat jou ore so toemaak, maar toe hy vir my syne wys, toe sien ek dit is maar net `n eenvoudige ding wat ons `n `beanie` in Suid-Afria noem. (O ja. As julle ooit besluit om Kanada toe te kom moet NOOIT die woord `beanie` gebruik nie. Dit het `n BAIE lelike betekenis hierdie kant. Ek het nognie iemand bar genoeg gekry om my te verduidelik nie, want die mense hierdie kant is maar heel ordentelik).

Donderdag was ek vir orientation gewees in Toronto sodat die mense my net bietjie wys kan maak oor hoe dinge hierdie kant werk. Ek was nogal geskok om uit te vind dat die selfoon stelsel hierso baie anders is as in Suid-Afrika. Glo dit of nie, maar SA is ligjare voor Amerika wat selfone betref! Wel, selfoon netwerke en nie selfone self nie! Gou-gou `n voorbeeld. Toronto se area kode is 416, so se nou maar ek koop `n selfoon in Toronto, dan kry ek `n selfoon nommer wat begin met Toronto se area kode soos (416)-xxx-xxxx. As ek `n nommer koop in Manitoba, dan is hulle area kode 204, dan kry ek `n selfoon met `n nommer wat so (204)-xxx-xxxx lyk. Al die telefoon en selfoon oproepe hierso is of local, of long distance soos hulle dit noem. Se nou maar ek bel van `n land lyn af na `n selfoon toe, dan dit is `n local selfoon, dan betaal ek niks nie, maar die persoon wat die selfoon het betaal om oproepe te ontvang en betaal om oproepe te maak ook. So as ek `n selfoon koop in Manitoba en ek gaan na `n ander provinsie toe, moet ek maar `n ander selfoon nommer kry sodat die mense in daardie provinsie nie heeltyd long distance calls na my toe hoef te maak nie.

Vrydag oggend was weer ‘n vroee more vir my en het ek lekker vroeg opgestaan om reg te maak vir die vlug na Winnipeg. Dit is die stad wat ek na toe gevlieg het om na Brandon toe te gaan. Die dorp waar Oeloff (my vriend in Kanada) bly. My eerste aand in Brandon was seker die beste ooit gewees! Oeloff en sy pelle het besluit ek moet my eerste aand in Brandon sommer afskop ‘n “bang”. Ons het skaars terug by die huis gestop en toe is ons alweer oppad uit. Gegear met ‘n jean, t-shirt en 2 baadjies (want die plek is nie so warm soos Toronto nie) is oppad na my eerste hokkie game toe (dit is nou ys-hokkie soos ons dit noem en nie hokkie op gras nie). 1 van Oeloff se vriende het ‘n motorhome gegee vir ons om in te kuier, want net soos in SA mag jy nie in die publiek drink hierso nie. En ja. Net as julle gedink het, dit word toe gepas hierso! Ons was seker net so 30minute  in die parkeer area voordat die polisie aangekom het en vir ons gese het ons moet binne die motorhome kuier. Wat ek ook nogals erg gevind het is dat mens nie eens enige bottel drank wat se seel gebreek is voor in die kar mag he nie. As jy dit wil vervoer, moet jy dit agter in die kattebak sit. Dit is bietjie belaglik as jy my vra, maar dit is hoe hulle dit doen. Die maksimum spoed wat mens ook mag ry op die highway is 100km per uur en die polisie kan jou vang as jy te vinnig ry al sit hulle net in hulle motor en kom van voor af. Die laser gun is in hulle kar, so hulle vang jou sommer so in die ry.

By die hokkie game het ons ons hempde uitgetrek en onnself geel geverf. Ja, dit was VREK koud gewees en ek het vir hulle gese ek word laaste geverf, want ek wil nie frostbite kry nie! Dit is seker die koudste wat ek nog in my lewe gekry het! Die hokkie game het ons gewen 6-2 en dit was regtig net `n awesome ondervinding gewees. Hierso is die mense baie groot op hulle intra-dorp sporte. Brandon is ‘n dorp met omtrent so 50 000 mense in so dit is nie te groot nie, maar omtrent die hele dorp ondersteun die hokkie span. Vir die van julle wat Friday Night Lights gekyk het. Dit is regtig amper so. (Het op die vliegtuig langs `n NHL scout gesit wat kom scout het vir die New York hokkie span). Na die hokkie game het ons nog so bietjie verder gekuier in die motorhome en na dit is ons na ‘n regte Kanadese house party toe soos wat mens net op die tv sien. Het daarso gekuier tot omtrent 4uur Saterdag oggend toe. Daar was ‘n hottub vir ons om in te sit, maar ek het daardie een maar ‘n skip gegee vir eers. Dit was net heeltemal te koud buite om dit te doen.

Dit klink nou toe ek lees wat ek nou-net geskryf het of dit verskriklik koud is aan hierdie kant van die wereld, maar dit is einlik nie so erg nie. Dit is koud, maar binne in die huis is dit eintlik baie warm. Het vanoggend toe ek die post begin skryf het lekker met my kort broek binne in die huis gesit en skryf (en nou sit ek lekker voor die kaggel). Alles hierso het central heating en binne die huis is dit so 70F, seker so 22-23C. Die sneeu buite word by die dag minder en hulle dink dit gaan teen volgende week hierdie tyd heeltemal weg wees.

Ek sal nog later bietjie fotos op die ineternet iewers sit maar op die oomblik moet ek nog my kamera installeer op die rekenaar voor ek dit kan afhaal. Gaan more bietjie begin soek vir werk en ‘n maatskappy of twee sien, so hou vir my duim vas.

Geniet die Afrika son julle….

Al my liefde!!

Written by jdstuart

12 April, 2009 at 17:36

Instantiate almost any type with a value from a string.

leave a comment »

Written by jdstuart

19 January, 2009 at 7:47

Posted in Software

Tagged with

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.