Jean-Dirk Stuart's Blog

My eerste Kanadese ondervinding.

leave a comment »


Hey julle. So ek moet se jammer vir die tyd wat dit my gevat het om my eerste post te gemaak het, maar dit het bietjie besig gegaan hierdie kant en ek is nogsteeds nie mooi aangepas by die tyd nie. Lei nog so bietjie aan jet-lag.

Ek het Woensdag in Toronto aangekom na ‘n hele paar uur se vlieg en ‘n lang wag op Heathrow. Die immigrasie dude hierso in Toronto het my darem geen hassles gegee oor my werks permit nie en toe ek weer sien, toe is ek in die land in, verby customs en alles. Hulle het nie eers my sak ondersoek soos sommige van die ander mense s’n nie. Dit was ‘n verligting gewees want dit was ‘n hengse misie om daardie ding te pak!

Die publieke vervoer stelsel hierdie kant is wonderlik en die mense is ongelooflik vriendelik. Van die lugawe af het ek die “Airport Express” bus gevat na Downtown Toronto waar ek in die Canadiana Backpackers (fotos sal nog kom) gebly het. Nou hierdie backpackers hierso is nie soos die in Suid-Afrika nie. Hierdie spesifieke een waarin ek gebly het kan so net oor die 200 mense huisves en daar is mense van letterlik regoor die wereld te vinde daar. Het mense ontmoet van Frankryk, Engeland, Ierland, Spanje, Chile, Argentinie, Duitsland en ek’s seker daar was nog ‘n paar van ander lande af ook gewees. O, ja. Ek het 2 Suid-Afrikaners ook daarso gekry. Was nogals lekker om weer bietjie Afrikaans te kon praat.

Donderdag oggend omtrent so 6uur se kant het ek wakker geskrik na ‘n lekker lang nagrus en ek is vinnig vinnig op om gou bietjie shampoo, tandepaste en seep te gaan koop. Dit was nie lank voordat ek die eerste keer buite gekom het voordat ek besef het die koue in hierdie plek kan heel rof raak nie! Dit is lente hierdie kant en buite kant is ‘n skamele 5C “warm”! Een van die mense wat in die backpackers saam my gebly het kom van Vancouver, BC, Kanada af en hy’t gese ek moet net my ore en neus warm hou. Hy’t gese ek moet vir my ‘n toque (tuk) kry. Wat de heng is ‘n toque`vra ek? Oorspronklik het ek gedink dit is een van daardie hoedens wat mens altyd in die flieks sien wat jou ore so toemaak, maar toe hy vir my syne wys, toe sien ek dit is maar net `n eenvoudige ding wat ons `n `beanie` in Suid-Afria noem. (O ja. As julle ooit besluit om Kanada toe te kom moet NOOIT die woord `beanie` gebruik nie. Dit het `n BAIE lelike betekenis hierdie kant. Ek het nognie iemand bar genoeg gekry om my te verduidelik nie, want die mense hierdie kant is maar heel ordentelik).

Donderdag was ek vir orientation gewees in Toronto sodat die mense my net bietjie wys kan maak oor hoe dinge hierdie kant werk. Ek was nogal geskok om uit te vind dat die selfoon stelsel hierso baie anders is as in Suid-Afrika. Glo dit of nie, maar SA is ligjare voor Amerika wat selfone betref! Wel, selfoon netwerke en nie selfone self nie! Gou-gou `n voorbeeld. Toronto se area kode is 416, so se nou maar ek koop `n selfoon in Toronto, dan kry ek `n selfoon nommer wat begin met Toronto se area kode soos (416)-xxx-xxxx. As ek `n nommer koop in Manitoba, dan is hulle area kode 204, dan kry ek `n selfoon met `n nommer wat so (204)-xxx-xxxx lyk. Al die telefoon en selfoon oproepe hierso is of local, of long distance soos hulle dit noem. Se nou maar ek bel van `n land lyn af na `n selfoon toe, dan dit is `n local selfoon, dan betaal ek niks nie, maar die persoon wat die selfoon het betaal om oproepe te ontvang en betaal om oproepe te maak ook. So as ek `n selfoon koop in Manitoba en ek gaan na `n ander provinsie toe, moet ek maar `n ander selfoon nommer kry sodat die mense in daardie provinsie nie heeltyd long distance calls na my toe hoef te maak nie.

Vrydag oggend was weer ‘n vroee more vir my en het ek lekker vroeg opgestaan om reg te maak vir die vlug na Winnipeg. Dit is die stad wat ek na toe gevlieg het om na Brandon toe te gaan. Die dorp waar Oeloff (my vriend in Kanada) bly. My eerste aand in Brandon was seker die beste ooit gewees! Oeloff en sy pelle het besluit ek moet my eerste aand in Brandon sommer afskop ‘n “bang”. Ons het skaars terug by die huis gestop en toe is ons alweer oppad uit. Gegear met ‘n jean, t-shirt en 2 baadjies (want die plek is nie so warm soos Toronto nie) is oppad na my eerste hokkie game toe (dit is nou ys-hokkie soos ons dit noem en nie hokkie op gras nie). 1 van Oeloff se vriende het ‘n motorhome gegee vir ons om in te kuier, want net soos in SA mag jy nie in die publiek drink hierso nie. En ja. Net as julle gedink het, dit word toe gepas hierso! Ons was seker net so 30minute  in die parkeer area voordat die polisie aangekom het en vir ons gese het ons moet binne die motorhome kuier. Wat ek ook nogals erg gevind het is dat mens nie eens enige bottel drank wat se seel gebreek is voor in die kar mag he nie. As jy dit wil vervoer, moet jy dit agter in die kattebak sit. Dit is bietjie belaglik as jy my vra, maar dit is hoe hulle dit doen. Die maksimum spoed wat mens ook mag ry op die highway is 100km per uur en die polisie kan jou vang as jy te vinnig ry al sit hulle net in hulle motor en kom van voor af. Die laser gun is in hulle kar, so hulle vang jou sommer so in die ry.

By die hokkie game het ons ons hempde uitgetrek en onnself geel geverf. Ja, dit was VREK koud gewees en ek het vir hulle gese ek word laaste geverf, want ek wil nie frostbite kry nie! Dit is seker die koudste wat ek nog in my lewe gekry het! Die hokkie game het ons gewen 6-2 en dit was regtig net `n awesome ondervinding gewees. Hierso is die mense baie groot op hulle intra-dorp sporte. Brandon is ‘n dorp met omtrent so 50 000 mense in so dit is nie te groot nie, maar omtrent die hele dorp ondersteun die hokkie span. Vir die van julle wat Friday Night Lights gekyk het. Dit is regtig amper so. (Het op die vliegtuig langs `n NHL scout gesit wat kom scout het vir die New York hokkie span). Na die hokkie game het ons nog so bietjie verder gekuier in die motorhome en na dit is ons na ‘n regte Kanadese house party toe soos wat mens net op die tv sien. Het daarso gekuier tot omtrent 4uur Saterdag oggend toe. Daar was ‘n hottub vir ons om in te sit, maar ek het daardie een maar ‘n skip gegee vir eers. Dit was net heeltemal te koud buite om dit te doen.

Dit klink nou toe ek lees wat ek nou-net geskryf het of dit verskriklik koud is aan hierdie kant van die wereld, maar dit is einlik nie so erg nie. Dit is koud, maar binne in die huis is dit eintlik baie warm. Het vanoggend toe ek die post begin skryf het lekker met my kort broek binne in die huis gesit en skryf (en nou sit ek lekker voor die kaggel). Alles hierso het central heating en binne die huis is dit so 70F, seker so 22-23C. Die sneeu buite word by die dag minder en hulle dink dit gaan teen volgende week hierdie tyd heeltemal weg wees.

Ek sal nog later bietjie fotos op die ineternet iewers sit maar op die oomblik moet ek nog my kamera installeer op die rekenaar voor ek dit kan afhaal. Gaan more bietjie begin soek vir werk en ‘n maatskappy of twee sien, so hou vir my duim vas.

Geniet die Afrika son julle….

Al my liefde!!

Advertisements

Written by jdstuart

12 April, 2009 at 17:36

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: