Jean-Dirk Stuart's Blog

Archive for July 2009

Canada Day en Dauphin Countryfest 2009

leave a comment »

Canada Day, of Fête du Canada (in Frans), is ‘n publieke vakansie dag op 1 Julie in Kanada. Dit is van 1867 af die dag waarop Kanada hulle “verjaarsdag” vier! ‘n Eeue lange tradisie! Hierdie jaar het ek gekies om Canada Day om te werk en dit te ruil vir die Vrydag wat volg op Canada Day. Op daardie manier het ek ‘n lekker lang naweek en kan ek in rus en vrede Counrty Fest toe gaan die Donderdag al.

Gedurende Canada Day is die hele land ieweskielik in “celebration mode”. Daar is feeste in die strate, bands wat orals speel en almal het sommer net ‘n lekker jolige tyd! Omdat ek gewerk het daardie dag het ek eers laat die dag by die feestelikhede aangesluit, maar omdat die son so laat onder gaan het dit nie gevoel of ek regtig iets gemis het nie. Die eerste plek waar ek was, was Osborne Village. Dit het amper soos die Mardi Gras gevoel waarheen ons altyd was in Margate. Na ek daarso rond gedwaal het, het ek op die bus geklim en The Forks toe gery om die vuurwerke te gaan kyk wat hulle die aand geskiet het vir Canada Day. Die fotos vir hierdie dag kan hierso (http://picasaweb.google.com/jdirkstuart/2009070120070701CanadaDay?feat=directlink) gesien word.

Die naweek na Canada Day was ons ‘n paar mense na Dauphin (dorp se naam) se Country Festival toe. Ons het die Donderdag gegaan en het die Sondag eers terug gekom. Dit was die grootste fees waar ek al ooit was! Daar was duisende mense en ALMAL is lus vir ‘n goeie tyd en wil net ‘n hond uit ‘n bos uit kuier! Dink daar was 16 000 as ek nou reg kan onthou! Dit is 2 keer soveel as wat in die dorpie bly waar die fees gehou word! Die fees is genoem Country Fest omdat al die musiek wat daarso gespeel word Country musiek is! Dit was ‘n belewenis van ‘n leeftyd gewees! Daar was die main stage (wat julle op die fotos sal sien), dan was daarso nog 2 stages gewees waar mens kon dans ook. Daar was mense wat so afgewaterde weergawe van sokkie-sokkie gedoen het (dink dis die Ukanian Polka of so iets), toe vra ek die 1 girl of sy nie wil dans nie. Dit het so paar ekstra stappies gevat om haar sokkie te leer, maar op die ou end het sy dit heel goed reg gekry. Volgens haar is sokkie-sokkie = “bouncing”. Sy se mens bounce net rond! 

From 2009-07-01 – 2009-07-05 Country Fest

Bleikbaar elke jaar by die fees reen dit katte en honde en mense se tente spoel weg en dit raak net onaangenaam. Hierdie jaar was dit totaal en al anders gewees. Ons het die mooiste weer heel naweek gehad, behalwe vir 1 “stormpie”. Saterdag het dit vir seker omtrent so 30 minute gereen en gehael. Dit was ROF en hierdie “stormpie” het amper ons tente weg gespoel! Die kamp plek wat ons gekry het was so strategies gepositioneer dat omtrent die hele kampterein se water deur ons kamp area loop. Met die moes ons op 1 of ander manier probeer dat die water om ons tent loop en nie deur hom nie. Ons het besluit dit is makliker om die water te kry dat dit onder deur loop as wat dit gaan wees om dit om die tent te laat loop. Ons het die tente se kante opgelig en in daardie vriesende water gestaan! Ek weet nie of julle al in water gestaan het wat gemeng is met hael nie? Maar ek se nou vir julle dit is onmenslik koud! (ek sien niks uit na die winter nie). Dit was so koud dat ek gevoel in my tone verloor het en ek het ernstiglik gedink ek gaan my tone/voete verloor. Dink nie my voete het al ooit in my lewe so koud gekry nie! Dit was gladnie ‘n lekker ondervinding nie. My tent het gelukkig minimaal water gekry en ek’s gelukkig om dit te kan se want van die ander mense se tente was vol water gewees!

Ek wou nog altyd na so ‘n tipe fees toe gegaan het waar daar net heeldag country musiek gespeel word, almal net wil kuier en ‘n goeie tyd wil he, so hierdie was regtig soos ‘n droom wat waar geword het! Dit was ‘n belewenis wat ek vir niks sal ruil nie! Was ongelooflik lekker en ek sal regtig enige iemand aanraai om dit (of iets soortgelyks) te gaan doen! Hierso is vir julle ‘n video (http://www.youtube.com/watch?v=SDhi4gk7GGY).

Na so ‘n lekker naweek kan mens seker nie verwag dat alles net voor die wind moet gaan nie? Die Dinsdag na ons terug gekom het van CFest af het ek my bestuurs lisensie afspraak gehad. Ek het besluit ek gaan bietjie vroeer by die werk afvat en dan sommer hof toe gaan om my rooi lig boete kaartjie waarvan ek vorige keer gepraat het te gaan veg in die hof. By die hof aangekom kry ek ‘n nommer en wag my tyd af. Dit het gevoel soos ‘n ewigheid, want ek moet my bestuurders lisensie gaan skryf. Uiteindelik na omtrent ‘n uur word my nommer geroep en ek vertel vir die aantie toe die foto geneem is dat ek nog net 3 dae in Winnipeg gebly het en dat ek net die taxi voor my gevolg het en dit is hoekom ek oor die rooi lig is. Sy staan my toe versagtende onstandighede toe en verminder my boete van $191 af na $90. Dit was nie heeltemal wat ek gehoop het gebeur nie, maar tenminste is dit $100 minder wat spaar! Ek betaal toe maar gou die $90 boete want ek is haasteg en moet gaan toets wat heel aan die anderkant van die stad is. Toe ek buite kom en ‘n blok af in die straat stap na waar ek parkeer het sien ek iets lyk nie lekker nie en dit is toe wat ek agterkom my kar is nie meer daar nie! Die eerste ding wat deur my kop gaan is hy’s gesteel. Net so agter my staan ‘n Sherif wat in die hof werk en ek gaan na hom toe en se vir hom my kar is gesteel wie moet ek bel en wat moet ek doen om dit te rapporteer? Hy se vir my. Nee. Jou kar is tien teen een nie gesteel nie, maar hy’s getou. Hoekom? Ek het in ‘n plek parkeer waar ek mag, maar het nooit gesien dat ek net daar mag parkeer tot 3:30 nie en toe ek uit die hof uit kom is dit 3:45! Belaglik! Bel toe vir Dr. Hook en hulle se ek kan my kar gaan optel by die “Police Impound”! Stap toe maar na die impound plek toe wat so +/- 4km was, betaal my $75 en soos wat ek na my kar nader stap sien ek daar is ‘n papiertjie in my venster. Dit is toe wragtag nog ‘n $50 boete wat ek gekry het omdat ek onwettig parkeer het! Ek het gedink die $75 is vir alles, maar dit was bleikbaar net om my kar uit die impound uit te kry en nou moes ek die stad ook nog $50 betaal! Die hele afere om my $190 boete te gaan veg het kos my toe op die ou end omtrent $220! Dit het nogals seer gemaak vir daardie maand se budget! Ek voel nou nog die nagevolge daarvan! Mens moet nie verkeers oortredings maak in hierdie land nie!

Die Maandag na dit gebeur het, het ek toe my 2e kans om vir my bestuurs lisensie te gaan en gelukkig het ek hom toe die eerste keer deurgekom!

Die naweek wat verby is, is seker een van die eienaardigste dinge wat ek gesien het. Daar was die Winnipeg Fringe Festival aan gewees en ek was alleen by die huis gewees die naweek so ek besluit toe nou maar om soontoe te gaan vir die dag en te gaan sien hoe lyk dit. Ek is nog steeds nie heeltemal mooi seker waaroor die hele fees gaan nie, maar ek weet daar is die weirdste mense in die wereld ooit daar! Dink hulle almal is kunstige mense wat gladnie skaam is om dit uit te leef nie. Hulle lyk snaaks, trek snaaks aan en doen sommer net snaakse goed! Dit was baie weird en ek het nie lank daar gebly nie. Oppad huis toe van die Fringe Festival af ry ek verby die Winnipeg Convention Centre en eerstens het ek gedink dit is ‘n inkopie sentrum, maar toe ek daar binne kom sien ek daar is eintlik ‘n event aan die gang. Ai Kon (http://www.ai-kon.org) is die ding se naam. Maar as ek so gekyk het na hoe die mense aangetrek het en wat dit is, het dit vir my gelyk of die ding se naam eintlik Ai-Kon(a) moes gewees het. Omtrent al die mense het aangetrek soos een of ander Japanese tekenprent karakter. Daarso het hulle die hele dag lank speletjies gespeel en in seker 30 verskillende kamers na tekenprente gekyk! Dit was half ongemaklik om te gesien het hoeveel mense kyk na daardie Japanese tekenprent! Gaan kyk na die fotos. Dit is regtig snaaks hoe die mense aantrek!

Na so rukkie by die Convention Centre was ek op na die 3e vloer toe waar daar ‘n misverstand tussen die sekuriteits wagte was en my verniet laat ingaan het. Die sekuriteits wag wat my laat ingaan het het gedink die ander sekuriteits wag het klaar my kaartjie gevat en die een wat my kaartjie moes vat het gedink hulle het my klaar laat ingaan. Daar aangekom sien ek toe dit is ‘n hengse kar show met opgeboude karre en kompetisies wat heeldag aangaan. Een van die kompetisies wat daarso was, was ‘n break dancing kompetisie. Net soos in die fliek Step Up. Aangesien ek alleen die naweek by die huis was en niks regtig gehad het om te doen nie, het ek besluit om sommer die hele dag lank daarso te spandeer. Hierso is ‘n video van die dans kompetisie.

Daar het so baie gebeur die laaste tyd en ek het nie aldag tyd om ‘n update te maak hierso nie, so ek hoop ek het onthou om van alles te skryf en ek hoop dat dit nog goed gaan met julle almal daar in Suid Afrika?

Lief vir julle en mis julle!

Written by jdstuart

26 July, 2009 at 21:19

Posted in Software

Protected: Foto’s van die huis waarin ek bly

leave a comment »

This content is password protected. To view it please enter your password below:

Written by jdstuart

1 July, 2009 at 17:46

Posted in Software