Jean-Dirk Stuart's Blog

Posts Tagged ‘Brandon

My eerste maand in Kanada.

leave a comment »

Goeie dag julle. Uiteindelik vind ek bietjie tyd om weer ‘n blog post te maak! Tussen al die kuier, werk soek en insettle deur het ek ook nie aldag tyd om voor die rekenaar te sit en tik nie! Nou ja. Die fotos wat ek belowe het is uiteindelik op gelaai. Julle kan na dit gaan kyk by http://picasaweb.google.com/jdirkstuart.

Ek het mos nie laas jaar verlof gevat in Desember nie so ek het besluit ek gaan eers bietjie “chill” wanneer ek hier in Kanada aankom. Het hard genoeg gewerk laas jaar en so ek verdien dit om bietjie ‘n breuk te vat voor ek weer aan die werk spring. Dit klink dalk lekker, maar dis eintlik nie naastenby so lekker soos wat dit klink nie! As jy dink ek het gaan toer en die land gesien? IS JY VERKEERD! My verlof hierdie jaar het ingesluit ‘n maand lank my resume regkry, werk soek en stres omdat ek niks terug hoor van maatskappye af nie! Hulle is baie erg op die hele “Canadian Experience” ding. As jy nie vorige Kanadese werksondervinding het nie, sukkel mens maar om ‘n onderhoud te kry by hierdie mense. Ek’t gewonder hoekom dit so is en toe ek nou gegaan het vir die eerste onderhoud toe sien ek hoekom! Die interview was soos ‘n uur en ‘n half lank gewees, ongelooflik ongemaklik en baie “stupid” onnodige vrae (volgens my). Hierdie mense het ‘n job description en as iets nie in jou job description staan nie, dan doen jy dit nie! (Ek meen. Hoekom moet jy nou ‘n ander man se werk vir hom doen?) Dit is die houding hier! Hulle kan ook nie verstaan dat ek min of meer “alles” kan doen nie! ‘n Jack-of-all-Trades wanneer dit by werk kom. Die werk wat ek in Suid-Afrika gedoen het as 1 persoon is hierso 3 persone se werke tesame! Dit maak nie vir hulle sin as jy se jy kan alles doen nie en hulle verstaan nie so mooi as jy dit vir hulle probeer verduidelik nie! Met dit gese: Ek het nie die eerste interview wat ek voor gegaan het se werk gekry nie! Ek kon nie my mond hou nie en dink ek het heeltemal te veel gepraat oor wat ek alles kan doen. Het maar terug gegaan huis toe, bietjie aan my “Kanadese Interview skills” gewerk en toe hoor ek terug van ‘n ander maatskappy genaamd One World United. Hulle wil ‘n “lunch interview” met my he. Die maatskappy is 2ure (200km) oos van waar ek bly op die oomblik. Het Oeloff se kar geleen en na die peg (Winnipeg) toe gery vir hierdie “lunch" interview” soos hy dit genoem het. Hierdie interview was nou weer TOTAAL EN AL anders as die vorige een! Ons het by ‘n restaurant ontmoet oor lunch tyd en net begin sit en gesels. Dit het seker omtrent so 2 en ‘n half ure geneem en toe ek daar uitstap se die ou dadelik vir my hy wil my aanstel en hy dink ek is die perfekte kandidaat vir die job. Dit was ‘n hengse verligting, want nou kon ek actually behoorlik my dinge hier in Kanada begin beplan! Kan vir my begin kar soek, verblyf soek (nou weet ek in watse stad ek werk), budget opstel ens….

Nou so deur al die werk soek en wag om terug te hoor van maatskappye af het ek darem ook so bietjie van ‘n sosiale lewe aangeknoop. Al Oeloff se vriende het my vriende ook geword en ons het op ‘n gereelde basis ‘n “ball of a time”. Ek het julle voorheen vertel van die hokkie game wat ons onsself so geel geverf het? Wel, dit het uitgedraai om iets huge te geword het in die plek waar ons bly! Ons het ‘n sponsor, Montanas, gekry en hulle het vir ons kos en drinks gegee voor die game!. Die volgende game het die Brandon Sun ons kom afneem en  CKX, ‘n nuus stasie hier in Kanada, het ‘n onderhoud met ons kom voer! Brandon Sun is ‘n koerant gelykstaande aan die Beeld in Pretoria! Dit word daagliks deur duisende mense gelees! Die volgende dag was ons op die voorblad van die Brandon Sun. Dit is nie asof hier regtig misdaad is nie, so hulle het nie beter stories om te publiseer as mal jong mense wat hulleself geel verf vir ‘n hokkie wedstryd nie!

Die Sondag daarna was ek saam Oeloff se tannie en oom, Martie en Pieter-hulle na die Afrikaanse kerk toe gewees. (Klein gemeente. Seker so 30/40 mense) Hulle het so 9 maande voor my Kanada toe getrek en hulle tesame met Oeloff help my ongelooflik uit om ingesettle te word hier! Ek spot so en se ewe gister vir hulle, hulle is soos aangenome Kanadese familie! Ek bly nou al vir ‘n maand hier by Oeloff en Maryke in hulle flat en toe ek nou daar by die Afrikaanse kerk koffie drink na die diens, kom daar ‘n tannie na my toe en se vir my haar 2 kinders bly op die oomblik in Winnipeg en hulle soek nog ‘n derde persoon om die ander slaapkamer in die huis te huur. Die kamer kos $450 ‘n maand en dit sluit hydro (elektrisiteit) en internet in! Die huis is reg langs die universiteit so die kans dat ek nog ander jong mense daar gaan ontmoet is groot! ‘n Luukse huis reg langs die universiteit in ‘n goeie buurt teen ‘n goedkoop prys! Wat ‘n bargain!

Om blyplek te gekry het was nogal maklik, maar om kar te gesoek het was ‘n mission gewees! Ek onthou toe ek in Suid-Afrika ook kar gesoek het watse drama dit was en hierso was dit geensins anders nie! Wat dit hierdie keer nog heeltemal moeiliker gemaak het is die feit dat ek nie ‘n clue het wat karre hierso kos en wat ek moet verwag om vir ‘n tweede handse kar te betaal nie! Was na ‘n hele paar motor handelaars toe gewees en meeste van die voertuie wat ek by hulle gesien het was so in die orde van $9 000 tot $ 13 500 rond gewees. Gelukkig is Pieter hulle al ‘n hele ruk in die land en hy’t toe vir my gese vir $10 000 kan ek amper ‘n nuwe kar koop! Ons is daar na ‘n handelaar toe wat so net buite die dorp is en daarso sien ons toe ‘n 2004 Chevrolet Optra (Foto’s) wat nog baie mooi opgepas is vir $6400! Ek het besluit ek koop die kar, maar voordat ek met die ding mag ry MOET ek eers versekering he. Jy mag nie rondry in die land as jy nie versekering op jou motor het nie. Hulle registreer die motor en doen sommer die versekering alles in een by dieselfde plek. Dit was wel ‘n missie om die kar geregistreer te gekry het want omdat ek nie ‘n Kanadese burger is nie moes hulle nou eers weer omtrent ‘n miljoen papiere en bewyse van my af kry voor ek die kar op my naam mag sit! Ek was in totaal 4 keer terug na hulle kantore toe gewees (waarvan ek net 1 keer in ‘n ry gestaan het) voor ek die kar op my naam kon kry!

Een van Kanada se sterkste standpunte wat hulle inneem en een van die goeters waaroor hulle die meeste omgee is hulle gesondheids sisteem. Alle mense wat ‘n werks permit het vir 12 maande of langer kwalifiseer vir publieke medies. En nee die publieke medies hier is nie naastenby die gehalte wat dit in SA is nie! Hierso kan mens actually na ‘n publieke hospitaal toe gaan. Inteendeel. Ek dink nie eers hulle het privaat hospitale nie! Om aansoek te gedoen het vir medies was net so maklik gewees. Het ingegaan na hulle kantoor toe. Seker vir 5 minute in die tou gesit en toe 10 minute later toe stap ek daar uit met ‘n mediese kaart wat my toelaat om ‘n doktor te sien en al die mediese voordele te he wat ‘n Kanadese burger het. Lekker free medies!

Die weer hierdie tyd van die jaar is baie snaaks. Dit is gelukkig nou besig om vinnig somer te word, maar elke dag is maar anders as die vorige een! Dan is dit warm, dan is dit koud! Moeder Natuur wil nou nie haar mind opmaak oor of sy nou wil somer of winter hou nie!

Ek was gisteraand so lus gewees vir ‘n vetkoek, dit is net nie snaaks nie! Het vir iemand hier probeer verduidelik wat ‘n vetkoek (haha….‘n “fatcake”) is, maar ek dink nie hulle het dit hierso nie. Dit is snaaks hoe mens partykeer nooit iets gedoen het terwyl mens dit kon doen nie en nou dat mens dit nie kan doen nie, nou mis mens dit ongelooflik baie! Snaaks hoe ons breine aanmekaar gesit is!

Maar in elkgeval! Dink ek het genoeg vertel vir eers! Dinge behoort nou bietjie rustiger te word nou dat ek ‘n werk gekry het en nie meer heeltyd hoef te bekommer oor hoe ek ‘n inkomste gaan verdien en waar ek gaan bly nie, so ek sal bietjie probeer om meer gereeld blog updates te maak.

Laat dit goed gaan daardie kant!

Mis julle tonne!

Written by jdstuart

20 May, 2009 at 1:45

Posted in Experiences

Tagged with ,

My eerste Kanadese ondervinding.

leave a comment »

Hey julle. So ek moet se jammer vir die tyd wat dit my gevat het om my eerste post te gemaak het, maar dit het bietjie besig gegaan hierdie kant en ek is nogsteeds nie mooi aangepas by die tyd nie. Lei nog so bietjie aan jet-lag.

Ek het Woensdag in Toronto aangekom na ‘n hele paar uur se vlieg en ‘n lang wag op Heathrow. Die immigrasie dude hierso in Toronto het my darem geen hassles gegee oor my werks permit nie en toe ek weer sien, toe is ek in die land in, verby customs en alles. Hulle het nie eers my sak ondersoek soos sommige van die ander mense s’n nie. Dit was ‘n verligting gewees want dit was ‘n hengse misie om daardie ding te pak!

Die publieke vervoer stelsel hierdie kant is wonderlik en die mense is ongelooflik vriendelik. Van die lugawe af het ek die “Airport Express” bus gevat na Downtown Toronto waar ek in die Canadiana Backpackers (fotos sal nog kom) gebly het. Nou hierdie backpackers hierso is nie soos die in Suid-Afrika nie. Hierdie spesifieke een waarin ek gebly het kan so net oor die 200 mense huisves en daar is mense van letterlik regoor die wereld te vinde daar. Het mense ontmoet van Frankryk, Engeland, Ierland, Spanje, Chile, Argentinie, Duitsland en ek’s seker daar was nog ‘n paar van ander lande af ook gewees. O, ja. Ek het 2 Suid-Afrikaners ook daarso gekry. Was nogals lekker om weer bietjie Afrikaans te kon praat.

Donderdag oggend omtrent so 6uur se kant het ek wakker geskrik na ‘n lekker lang nagrus en ek is vinnig vinnig op om gou bietjie shampoo, tandepaste en seep te gaan koop. Dit was nie lank voordat ek die eerste keer buite gekom het voordat ek besef het die koue in hierdie plek kan heel rof raak nie! Dit is lente hierdie kant en buite kant is ‘n skamele 5C “warm”! Een van die mense wat in die backpackers saam my gebly het kom van Vancouver, BC, Kanada af en hy’t gese ek moet net my ore en neus warm hou. Hy’t gese ek moet vir my ‘n toque (tuk) kry. Wat de heng is ‘n toque`vra ek? Oorspronklik het ek gedink dit is een van daardie hoedens wat mens altyd in die flieks sien wat jou ore so toemaak, maar toe hy vir my syne wys, toe sien ek dit is maar net `n eenvoudige ding wat ons `n `beanie` in Suid-Afria noem. (O ja. As julle ooit besluit om Kanada toe te kom moet NOOIT die woord `beanie` gebruik nie. Dit het `n BAIE lelike betekenis hierdie kant. Ek het nognie iemand bar genoeg gekry om my te verduidelik nie, want die mense hierdie kant is maar heel ordentelik).

Donderdag was ek vir orientation gewees in Toronto sodat die mense my net bietjie wys kan maak oor hoe dinge hierdie kant werk. Ek was nogal geskok om uit te vind dat die selfoon stelsel hierso baie anders is as in Suid-Afrika. Glo dit of nie, maar SA is ligjare voor Amerika wat selfone betref! Wel, selfoon netwerke en nie selfone self nie! Gou-gou `n voorbeeld. Toronto se area kode is 416, so se nou maar ek koop `n selfoon in Toronto, dan kry ek `n selfoon nommer wat begin met Toronto se area kode soos (416)-xxx-xxxx. As ek `n nommer koop in Manitoba, dan is hulle area kode 204, dan kry ek `n selfoon met `n nommer wat so (204)-xxx-xxxx lyk. Al die telefoon en selfoon oproepe hierso is of local, of long distance soos hulle dit noem. Se nou maar ek bel van `n land lyn af na `n selfoon toe, dan dit is `n local selfoon, dan betaal ek niks nie, maar die persoon wat die selfoon het betaal om oproepe te ontvang en betaal om oproepe te maak ook. So as ek `n selfoon koop in Manitoba en ek gaan na `n ander provinsie toe, moet ek maar `n ander selfoon nommer kry sodat die mense in daardie provinsie nie heeltyd long distance calls na my toe hoef te maak nie.

Vrydag oggend was weer ‘n vroee more vir my en het ek lekker vroeg opgestaan om reg te maak vir die vlug na Winnipeg. Dit is die stad wat ek na toe gevlieg het om na Brandon toe te gaan. Die dorp waar Oeloff (my vriend in Kanada) bly. My eerste aand in Brandon was seker die beste ooit gewees! Oeloff en sy pelle het besluit ek moet my eerste aand in Brandon sommer afskop ‘n “bang”. Ons het skaars terug by die huis gestop en toe is ons alweer oppad uit. Gegear met ‘n jean, t-shirt en 2 baadjies (want die plek is nie so warm soos Toronto nie) is oppad na my eerste hokkie game toe (dit is nou ys-hokkie soos ons dit noem en nie hokkie op gras nie). 1 van Oeloff se vriende het ‘n motorhome gegee vir ons om in te kuier, want net soos in SA mag jy nie in die publiek drink hierso nie. En ja. Net as julle gedink het, dit word toe gepas hierso! Ons was seker net so 30minute  in die parkeer area voordat die polisie aangekom het en vir ons gese het ons moet binne die motorhome kuier. Wat ek ook nogals erg gevind het is dat mens nie eens enige bottel drank wat se seel gebreek is voor in die kar mag he nie. As jy dit wil vervoer, moet jy dit agter in die kattebak sit. Dit is bietjie belaglik as jy my vra, maar dit is hoe hulle dit doen. Die maksimum spoed wat mens ook mag ry op die highway is 100km per uur en die polisie kan jou vang as jy te vinnig ry al sit hulle net in hulle motor en kom van voor af. Die laser gun is in hulle kar, so hulle vang jou sommer so in die ry.

By die hokkie game het ons ons hempde uitgetrek en onnself geel geverf. Ja, dit was VREK koud gewees en ek het vir hulle gese ek word laaste geverf, want ek wil nie frostbite kry nie! Dit is seker die koudste wat ek nog in my lewe gekry het! Die hokkie game het ons gewen 6-2 en dit was regtig net `n awesome ondervinding gewees. Hierso is die mense baie groot op hulle intra-dorp sporte. Brandon is ‘n dorp met omtrent so 50 000 mense in so dit is nie te groot nie, maar omtrent die hele dorp ondersteun die hokkie span. Vir die van julle wat Friday Night Lights gekyk het. Dit is regtig amper so. (Het op die vliegtuig langs `n NHL scout gesit wat kom scout het vir die New York hokkie span). Na die hokkie game het ons nog so bietjie verder gekuier in die motorhome en na dit is ons na ‘n regte Kanadese house party toe soos wat mens net op die tv sien. Het daarso gekuier tot omtrent 4uur Saterdag oggend toe. Daar was ‘n hottub vir ons om in te sit, maar ek het daardie een maar ‘n skip gegee vir eers. Dit was net heeltemal te koud buite om dit te doen.

Dit klink nou toe ek lees wat ek nou-net geskryf het of dit verskriklik koud is aan hierdie kant van die wereld, maar dit is einlik nie so erg nie. Dit is koud, maar binne in die huis is dit eintlik baie warm. Het vanoggend toe ek die post begin skryf het lekker met my kort broek binne in die huis gesit en skryf (en nou sit ek lekker voor die kaggel). Alles hierso het central heating en binne die huis is dit so 70F, seker so 22-23C. Die sneeu buite word by die dag minder en hulle dink dit gaan teen volgende week hierdie tyd heeltemal weg wees.

Ek sal nog later bietjie fotos op die ineternet iewers sit maar op die oomblik moet ek nog my kamera installeer op die rekenaar voor ek dit kan afhaal. Gaan more bietjie begin soek vir werk en ‘n maatskappy of twee sien, so hou vir my duim vas.

Geniet die Afrika son julle….

Al my liefde!!

Written by jdstuart

12 April, 2009 at 17:36